3 Des 1600—1873: Die Brits Oos Indiese Kompanjie ontvang `n Koninklike Privilege van Elizabeth I Dit was `n beleggingsmaatskappy wat gestig was as teenvoeter vir die Nederlandse en Portugese oorheersing in die speseryhandel.
2
1867
2 Apr 1867—2 Apr 1867: Eerste diamant naby Hopetown gevind Die 15-jarige Erasmus Jacobs het met `n klip gespeel toe `n buurman; Schalk van Niekerk; hom daarmee sien. Hy het vermoed dat dit iets waardevols was en het die steen aan John O`Reilly gegee; wat dit op sy beurt aan Lorenzo Boyes; die magistraat van Colesberg; gegee het. Boyes het dit getoets deur sy voorletters DP in sy kantoorvenster uit te krap; wat vandag nog te sien is. Die steen is daarna na Grahamstad gestuur waar dit as `n 21;25 karaat diamant ge?dentifiseer is. Sir Philip Woodhouse; Goewerneur van die Kaap; het die steen vir 500 Pond sterling gekoop; wat `n aansienlike bedrag vir daardie tyd was. Die steen staan as `Eureka` bekend.